By ‘n funksie wat ek onlangs bygewoon het, het ek bevriend geraak met ‘n inwoner van Tembisa. Sy naam is Victor en hy swot ekonomie deur Unisa. Hy het my genooi om saam met hom en sy vriende die Bafana teen Frankryk wedstryd te kyk in Ivory Park se “Fan Park” in Tembisa. Ek het die uitnodiging dadelik aangeneem. Omdat ek redelik skrikkerig was vir die onbekende wêreld wat ek moes betreë, het ek ‘n pel saamgevat...
Victor het ons by die polisiestasie in Tembisa ontmoet waarvoor ek heimlik dankbaar was. Daarna het hy ons na sy woonplek geneem. Ek het aangeneem dat Victor wat wyd belese is en oor blykbaar enige onderwerp ‘n sinvolle opinie kan lig van die meer welgestelde inwoners in Tembisa is. Groot was my verbasing toe hy ons laat stop by ‘n klein HOP huisie waarin sy ouers bly. Victor self bly in ‘n sinkkamertjie agter in die klein erfie. Sy kamertjie is pynlik netjies en skoon. Die eenkant van sy kamertjie bestaan uit boekrakke met boeke oor baie verskillende onderwerpe. Van ekonomie tot BMW’s. Drie armlengtes van hierdie boekrakke, teen die anderkantste muur is daar ‘n klein tafeltjie waar Victor tot laat saans by die lig van ‘n skermlose gloeilampie bo die tafeltjie studeer. Bo die tafeltjie teen die muur is daar ‘n tipe kennisgewingbord waarop Victor se pennevrug van gedigte vasgesteek is. In die middel van hierdie bord is daar ‘n prominente, grootgeskryfde gedig in rooi letters. Ek kan nie die woorde presies onthou nie maar dit beskryf al die dinge wat Victor voel ‘n mens nie kan kies nie. Jou ouers, jou agtergrond, jou velkleur ens. Die gedig sluit dan af met ‘n sin wat iets soos die volgende lui: “But I can take responisbility for the choices I can make!”
Half droomverlore gesels ek en my vriend met Victor en sy vriende oor alles en nog wat in hierdie beknopte kamertjie. Ek dink aan hoe ek vroeëer die middag gekla het oor hoe koud ons huis is, ons vyfslaapkamer, drie badkamer pastorie. Ek luister hoe positief en opgewonde Victor is oor die land. Ek begin so klein soos die kamertjie voel. Skielik onderbreek die geskree van ‘n nou reeds bekende Vuevuzela digby die kamertjie ons gesprek. Dit word opgevolg deur ‘n dowwe deurdringende gedreun van 50000 Ivory Park inwoners wat Bafana se eerste doel vier. Victor sê: “I think we must go”. Ons stap na die “Fan Park” twee kilometer daarvandaan. Daar is baie mense op straat en dit lyk asof almal mekaar ken want elke tweede persoon groet Victor en mekaar asof hulle jare laas gesien het. By die park dans 3000 jongmense uitbundig voor ‘n groot skerm wat die wedstryd wys. Ek en my vriend is die enigste twee witmense in ‘n raduis van twintig kilometer maar op ‘n vreemde manier wat ek moeilik vind om te verduidelik, het ek nog nooit so tuis gevoel nie. Na die wedstryd stap ons na ‘n ander vriend van Victor se huis toe. Op die erf langs ‘n stowweroge straat het hierdie vriend die mooiste tuintjie gemaak met liggies en al wat hy trots vir ons aanskakel. ‘n Groep ouens steek ‘n vuur in ‘n afgeleefde motorrim aan. Hulle begin gesels. Nie een praat oor hulleself nie maar oor wat gedoen kan word om die probleme van Suid Afrika op te los.
Half nege klim ek en my vriend in my Volvo om huistoe (die een wat vir my te koud is) te ry. Dit is stil in die kar. Terwyl ek uit hierdie ervaring uitry maal ‘n gedagte deur my kop: “Here gaan weg van my af want ek is ‘n sondige mens!”

WOW!!
ReplyDeleteEk kry sommer hoendervleis soos ek hier sit.
Self, was ek al in situasies gegooi waar mens net van voor af besef hoe bevooreg ons eintlik is, en hoe maklik dit kom om te "moan".
Was op uitreike na plakkerskampe en straatkinders in JHB ens. Selfs met ons vorige, vorige, vorige huis bediende, het ek ‘n anderkant van die lewe gesien. Het haar partykeer by haar huis gaan aflaai, en was toe ook ingenooi vir ‘n koppie tee ;)… Ek was half skaam om dit by hul te vat ook, want hul het reeds so min…. Maar weet jy wat is die AWSOME’STE van alles…Hulle het trots bo enige iets wat ek nog gesien het! Moet asseblief nie vir my jammer kry nie, ek het my familie, hulle is gesond, en ‘n dak oor my kop….so gelukkig soos poeding in vla..AMAZING! Hou vas in vat jy geleer het, want dit is so maklik om te vergeet sodra mens weer ingesettle raak in ‘n gemaklike lewe.
Dankie vir die stukkie! Ek het dit nodig gehad om weer biekie terug te dink aan dit! Doen dit heeltemal te min deesdae!
XRina